» » Kalahari.com | 1093247

Complaint / review / scam report
Kalahari.com
Bestelling reeds 2 weke laat

Complaint / review text:
Op 1 Oktober het ek 2 items bestel van Kalahari af en dieselfde dag nog per EFT die oorbetaling gedoen. Op Dinsdag 7 Oktober het ek telefonies navraag gedoen oor die bestelling. Daar is toe aan my ges? Dat hulle 7 werksdae moet wag maar dat alles teen 10 Oktober reg sal wees en dat hulle dan die items vir my sal stuur. Hulle het ook erken dat betaling ontvang is. Ek het op die 13de 'n e-pos aan hulle gestuur om te vra oor die bestelling. Toe vra hulle my 'n bewys van betaling wat ek toe dadelik vir hulle deurgesteur het. Dit nadat hulle my verseker het dat die betaling wel ontvang is.

Hierdie diens van hulle is vir my regtig pateties en ek kry die indruk dat hulle administrasie nie juis na wense is nie. Hoe kan hulle adverteer dat hulle binne 48 uur kan aflewer wat dan op die einde meer as 2 weke is.

Contact information:
Author: Contact with Author


Offender: Kalahari.com

Country: South Africa   State: All Country   City: Cape Town

Category: Shops, Products, Services

comments

Information
Members, of group Guest, can not leave comments on this publication.
Please register on our website, it will take a few seconds.