Complaint / review / scam report
Mentopart
Nogsteeds geen reaksie!

Complaint / review text:
Corrie se ontvangsdame (Ronel) het my gekontak en versoek dat ek my bewys van deposito aan hulle regsafdeling moet stuur. Corrie het ontvangs erken (per epos) maar nogsteeds het ek niks weer van hulle gehoor nie. Ronel het net aan my gese dat dit nou buite Corrie se hande is. Gaan lees asb ook Pine se "Complaint" oor Mentopart dan sal julle sien dat julle dieselfde paadjie gaan loop as ons en dit is dat Mentopart net jou geld wil vat en dan verskonings aanbied as jy n probleem gaan optel met die stelsel. Ek stem saam met Pine - sit eerder jou geld in die bank of gaan hou vakansie daarmee. Soos ek alreeds genoem het wag ek nogsteeds vir Corrie of Mentopart se regsafdeling om na my toe terug te kom!!! Ek behoort seker volgende jaar hierdie tyd nogsteeds te wag want hulle sal iewers nog verskonings uitdink!!

Contact information:
Author: Contact with Author


Offender: Mentopart

Country: South Africa   State: All Country   City: Cape Town

Category: Business & Finance

comments

Information
Members, of group Guest, can not leave comments on this publication.
Please register on our website, it will take a few seconds.